Jeugbediening

Dapper Stappers
Dapper Stappers is die bediening wat fokus op voorskoolse kinders wat al uit die doeke is. Tydens die erediens Sondae oggende kom die kinders onder die verhoog bymekaar. Daar word op prettige wyse vir hulle van Jesus en Sy liefde vir kinders geleer. Kreatiewe kuns en tonne liefde vorm die fondament van hierdie bediening. Kontak Rehet Laskey vir enige navrae : 083 297 6341

TJ’s (Tjokkers vir Jesus)
TJ’s word gedryf deur die Jeugwerker en tannies en ooms van die gemeente. Hulle bied ’n genotvolle omgewing vir die kinders om speel-speel met God se liefde en genade kennis te maak. Poppekas, speletjies en prettige klassies maak alles deel van resep wat TJ’s lekker maak! TJ’s vind plaas Dinsdae (Gr.1 – Gr.4) van 15:30 – 16:15 by die kerkgebou. Gratis vervoer van die kind se huis of nasorg is beskikbaar(In die Goodwood omgewing). Kontak Michael Beukes, die Jeugwerker, om reëlings te tref

JIKS ( Jesus Is Koning)
JIKS streef daarna om kerkwees lekker te maak vir die kinders deur lekker span spele. Gepaard met hierdie gaan die kinders in klein groepe om die evangelie te ontvang in ’n taal en manier wat hulle verstaan en geniet. JIKS vind plaas Donderdae van 16:30 – 17:30 by die kerkgebou. Gratis vervoer van die kind se huis of nasorg is beskikbaar(In die Goodwood omgewing). Kontak Michael Beukes, die Jeugwerker, om reëlings te tref.

S.W.A.T. (Servants With A Testimony)
S.W.A.T. is dié plek vir ’n tiener wat soek na plek om net hom of haar self te wees en nader aan God te kom. Ons gesels in klein groepe oor dinge wat saak maak vir elke tiener en geniet mekaar se diversiteit. S.W.A.T. is ’n “safe space” vir elke tiener seun en meisie en waar jy nie gejudge word nie, maar aanvaar word vir wie jy is en wie God wil hê jy moet wees. S.W.A.T. vind plaas Donderdae aande op die solder van die kerkgebou van 19:00 tot 20:00, maar daar word daarna nog lekker gekuier by die koffiekroeg en speletjies word gespeel wat strek van Foosball tot Basketball. Kontak Michael Beukes, die Jeugwerker, vir enige navrae.